My Liewe Kollegas
As ek so na almal se fotos kyk dan haal ek my hoed af vir die wat gewig verloor het. Ek is op die stadium soos ‘n Sy wurm. Jy weet as jy vir hulle ‘n hele boom vol Moerby blare gee en 10 minute later kyk , dan is als opgevreet, dis ek daai. Die enigste verskil tussen my en die wurm is dat ek nie kan spin nie, want glo my as ek kon sou ek vir elke Sanlammer ‘n kant gordyn of Duvet stel kon spin. Wens ek kan nou net in ‘n papie in verander en begin eiers lê.
So doen ons ook Vergaderings op “Microsoft Team” Dit laat my dink aan ‘n AA meeting (nie dat ek al ooit op een was nie) maar dit verloop baie dieselfde – die enigste verskil is Dat jou kollegas baie bly is om jou stem te hoor nadat jy vir hulle gesê het jy is ‘n Alkolis “ Hi Marié , Welkom terug”
Ja, ek het ‘n groot verbeelding , maar ‘n mens moet probeer positief bly, ek sit elke dag ‘n hoed of ‘n blom of Kersversiering in my hare, so loop ek die heeldag rond. Ek doen my 10 minute oefening (elke dag dieselfe – moenie my oordeel nie) en grimeer ek en trek ai, ai aan (ai, ai beteken NIE Nagklere nie) – soos ek altyd sê – all dressed up and nowhere to go”
So stuur ek elke dag vir my vriendinne ‘n video clip en vertel hulle stories van my of my kinders, sussie, broer , Ma, Pa of Kollegas .
8 uur is ek voor die rekenaar en Help waar ek kan (as daar werk inkom).
Probeer positief bly en lag vir jouself en Dans tussen in en moenie die hoed vergeet nie.
Liefde Groete
Leave A Comment
You must be logged in to post a comment.